ChatGPT-4V en lugfoto's
收藏NIAID Data Ecosystem2026-05-02 收录
下载链接:
https://data.mendeley.com/datasets/wmwjbf5y9t
下载链接
链接失效反馈官方服务:
资源简介:
Die doel van die ondersoek was om die implikasies vir die praktyk te bepaal indien ChatGPT-4V lugfoto’s kan ontleed, ‘n doel wat binne die raamwerk van verkennende gevallestudie bereik is. Vir die doel van die ondersoek is tien gesprekke met ChatGPT-4V gevoer om te bepaal of dit lugfoto’s kan ontleed en oor genoegsame geografiese kennis beskik om die response te verdedig. Daar is bevind dat ChatGPT-4V belangrike implikasies vir die praktyk inhou omdat dit lugfoto’s redelik suksesvol kan ontleed, oor geografiese kennis beskik en berekeninge kan maak, maar ChatGPT-4V het ook foute gemaak en nie herken dat dit foute gemaak het nie. Inteendeel; dit het probeer oortuig dat die response korrek was. Gebaseer op die bevindinge is afgelei dat ChatGPT-4V bruikbaar en misbruikbaar in Geografie-klaskamers is, daarom behoort beleid en strategieë in plek te wees om verantwoordelike gebruik van hierdie kunsmatig-intelligente hulpmiddel te bevorder.
创建时间:
2024-06-11



